Welcome to the NWU virtual world!/ Welkom by die virtuele wêreld van die NWU!

61548166_2467962936558407_9212076496204595200_o

If you’re in grade 12, you’re likely preparing yourself to become a student at the North-West University very soon! One of these days, you will enter a brand new world where you’ll meet new friends and encounter an exciting atmosphere. By stepping into this world, you will gain access to new expertise, new environments, and the absolute privilege of being a student. This reality awaits you when you first step foot on any of the three campuses of the North-West University.

During the course of the next few weeks, you will be receiving more blog posts like this one, introducing you to the world of the NWU. We have launched this initiative to keep you posted on all important notifications, news, and upcoming events that you should be aware of.

Cross the threshold into the virtual realm of the NWU by becoming a member of all of our online platforms. If you’re not already following each of our social media accounts, you’re missing out big time! This is where we share some of the most important information about University activities. Be sure to follow the NWU on Facebook, Twitter, Instagram, and YouTube. Don’t forget to also use our unique hashtag #MyNWU on all of your social media posts.

But wait, this isn’t where our virtual realm ends…

The NWU now also offers a new app that will send you notifications based on your personal preferences and interests. Download the app to your smartphone or tablet, set your preferences, and you’re ready! Now you’ll receive notifications to keep you posted on all of the news and calendar events that you’re interested in, making your app unique to any other student’s!

#MyNWU – It All Starts Here!

Download the app here

Facebook: North-WestUniversity, @NWUPuk, @NWUVaal, @NWUMahikeng

Twitter: @theNWU

Youtube: NWU – North-West University

Instagram: my_NWU

Welkom by die virtuele wêreld van die NWU!

As  ʼn graad 12-leerder begin jy jou vere nou regskud om een van die dae ʼn student aan die Noordwes-Universiteit te word! Jy betree binnekort  ʼn splinternuwe wêreld waarin jy nuwe vriende gaan maak, en ʼn borrelende atmosfeer van goeie gees en opwinding gaan betree. Deur dié wêreld sal jy toegang kry tot nuwe kundigheid, nuwe omgewings, en die groot voorreg van student-wees!

Dit alles is die realiteit wat op jou wag sodra jy op een van die drie kampusse van die Noordwes-Universiteit aankom.

Dié is die eerste in ’n reeks blog-inskrywings wat jy oor die volgende paar weke gaan ontvang. Dié inisiatief is geloots om te verseker dat jy deurlopend op hoogte gehou word van belangrike kennisgewings, nuus en opkomende geleenthede waarvan jy moet weet.

Ervaar die virtuele wêreld van die NWU deur deel te raak van ons verskeie aanlyn-platforms… Indien jy nie reeds elkeen van die NWU se sosiale media platforms volg nie, mis jy op groot skaal uit, my maat! Hier deel ons inligting oor ’n wye verskeidenheid aktiwiteite. Maak seker jy volg die NWU op Facebook, Twitter, Instagram, en YouTube. Gebruik ook ons unieke hashtag #MyNWU op al jou sosiale media inskrywings!

Ons digitale realm eindig egter nie daar nie…

Die NWU bied nou ook ’n splinternuwe app wat vir jou kennisgewings stuur gebaseer op jou persoonlike voorkeure en belangstellings. Laai die app op jou slimfoon of tablet af en stel sommer dadelik jou voorkeure. Só kies jy die nuus, kennisgewings, en kalender-inskrywings waaroor jy op hoogte gehou wil word. Danksy hierdie funksie is die app op jóú foon totaal en al uniek van enige ander student s’n.

#MyNWU – Dit alles begin hier!

Laai die app hier af.

Facebook: North-WestUniversity, @NWUPuk, @NWUVaal, @NWUMahikeng

Twitter: @theNWU

Youtube: NWU – North-West University

Instagram: my_NWU

Leave a Reply