We embrace our University Anthem / Ons omarm ons universiteitslied

University anthem.png

You know that goosebump feeling when the National Anthem is performed right before a big sporting event… few things united our nation the way “Nkosi Sikelel’ iAfrika” does!

Students and personnel at the North-West University experience the same feelings of community, pride, and thankfulness when we sing our university anthem. Next year, once you have become a true NWU student next year, this song will also leave you feeling choked up.

On 1 January 2004, the NWU was officially established as part of the South African government’s plan to transform higher education. In our case, a historically white institution and a historically black institution merged to form a new university that would bring together South Africans from all parts of society.

The establishment of the NWU was a strong symbolic action of reconciliation and nation building – and highly effective too. As a sign of this, the NWU wrote a song that can be sung at formal events like graduations and the official opening and closing of the university at the start and end of each academic year.

It should also be noted that whenever personnel and students sing this chilling song, written as a prayer, they do so with total conviction.  The song symbolizes blessing over our university and over each other, creating a feeling of unification of our diverse backgrounds; the values of the NWU are also deeply rooted in the song.

Theriso Tsambo and Corneels Schabort – employees of the NWU – wrote the lyrics while members of the local a capella group, Flip a Coin – Katlego Maboe, Michael de Villiers, Stefan Pretorius, Niekie van der Walt and Johan C Venter – wrote the melody, and the late Christa Steyn was in charge of composition.

Anthems.jpg

Ons omarm ons universiteitslied 

Jy ken mos daardie hoendervleis-gevoel wanneer die volkslied net voordat ’n groot sportwedstryd begin deur derduisende Suid-Afrikaners gesing word… daar is min dinge wat ons nasie so verenig soos “Nkosi Sikelel’ iAfrika”!

Net so ervaar studente en personeel aan die Noordwes-Universiteit ’n gevoel van samehorigheid, trots, en dankbaarheid met die sing van ons universiteitslied. Sodra jy volgende jaar ’n ware NWU-student word, sal dié lied presies dieselfde knop-in-die-keel gevoel by jou laat.

Die NWU is amptelik op 1 Januarie 2004 gestig as deel van die Suid-Afrikaanse regering se plan om hoër onderwys te transformeer. In ons geval het ’n histories wit instansie en ’n histories swart instansie saamgesmelt om ’n nuwe universiteit te vorm wat Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die lewe bymekaar gebring het.

Die proses waardeur die Noordwes-Universiteit (NWU) gestig is, was ’n sterk simboliese daad van versoening en nasiebou – én ’n hoogs doeltreffende een. As herinnering hieraan het die NWU ’n universiteitslied geskryf wat by formele geleenthede soos gradeplegtighede en die amptelike opening en afsluiting van die NWU aan die begin en die einde van elke akademiese jaar gesing word.

Dit is opmerklik dat personeel en studente wat dié hoendervleis-lied, geskryf as ’n gebed, sing dit uit volle bors en met ware emosie doen. Die lied simboliseer seën oor ons universiteit en oor mekaar, en skep ’n gevoel van eenwording van ons diverse agtergronde. Die NWU se waardes is ook diep gewortel in die betekenis van die lied.

Theriso Tsambo en Corneels Schabort – personeel by die NWU – was verantwoordelik vir die lirieke; die plaaslike a capella-sanggroep, Flip a Coin se Katlego Maboe, Michael de Villiers, Stefan Pretorius, Niekie van der Walt en Johan C Venter het vir die melodie gesorg terwyl wyle Christa Steyn die verwerking gedoen het.

 

Leave a Reply