Student card / Studentekaart

My Studente kaart

Your Lifeline on Campus

You have finished the registration process, you have posed for the picture that will haunt you until graduation, and now you’re holding the most valuable and important piece of plastic in your hands – your student card, your campus lifeline for the next few years.

You might ask why this card is so important. Well, for starters it will serve as your on-campus identification. It also happens to be a legit way to declare that you are now an official member of the #MyNWU family. Simply put, this will be your NWU ID card.

On top of being a flashy NWU ID badge, your student card will also be required for entry at:

  • main gates
  • turnstiles
  • faculty buildings
  • residences (only registered residents of the hostel)

For Potch students:

  • main gates
  • turnstiles
  • faculty buildings
  • residences (only registered residents of the hostel)
  • NWU Potch Gym
  • dining halls and kiosks
  • selected retailers in town
  • Nashua print shop

Since your student card will even be used to take attendance in class and exam halls, it would be wise to adopt the mantra: “no student card, no access”.

Another huge perk of having this rite of passage is student discount. You heard it – you can get crazy discount rates at certain attractions around the globe. Simply flash this baby at those overpriced tourist attractions and fancy restaurants to prove that you are a student, and a few digits will instantly be knocked off your bill. Remember, this is only valid in selected countries and stores, so keep an eye out for information about student discount before and during your trip.

What happens if this important rite of passage is stolen or lost, you may ask? First, contact Protection Services on your campus to immediately have your student card deactivated. You then need to visit the Security Services’ Student Card division to have a new card made. This new card does come at a price of 80 bucks, so be sure to hold on to the one you receive at registration.

Jou Lewenslyn op Kampus

Die registrasieproses is afgehandel, jy smile breed op die foto wat vir die res van jou universiteitsloopbaan by jou gaan spook, en nou hou jy die belangrikste en mees waardevolle stukkie plastiek in jou hande – jou studentekaart, jou lewenslyn tydens jou tyd op kampus.

Jy wonder dalk waarom hierdie stukkie plastiek so belangrik is… wel, om mee te begin, dien dit as jou identifikasie op kampus. Dis ook ’n legit manier om te verklaar dat jy nou ’n amptelike lid van die #MyNWU familie is. Eenvoudig gestel, hierdie is jou NWU ID.

Maar wag, daar’s meer… jy sal ook jou studentekaart nodig hê om toegang te verkry tot:

  • hoofhekke
  • draakhekke
  • fakulteitgeboue
  • koshuise (slegs vir geregistreerde inwoners van elke koshuis)

Vir Potch-studente

  • hoofhekke
  • draaihekke
  • fakulteitgeboue
  • koshuise (slegs geregistreerde inwoners van elke koshuis)
  • NWU Potch Gym
  • eetsale en kiosks
  • sekere handelaars/winkels in die dorp
  • Nashua se print winkel

Boonop moet jy jou studentekaart gebruik vir presensielyste in klasse en eksamenlokale. Ons raad aan jou? Maak jou nuwe mantra: “geen studentekaart, geen toegang”.

Nóg ’n groot perk van ’n studentekaart is studente-afslag. Ja, jy het reg gehoor… jy kan op enige plek in die wêreld afslag kry wanneer jy sekere besienswaardighede besoek. Bloot deur daardie plastiekkaart uit jou beursie te trek en sodoende jou status as student te bewys, kan jy ernstige geld spaar by peperduur besienswaardighede en fancy restaurante. Onthou, dié afslag is net geldig in sekere lande en winkels. Hou daarom jou oë oop vir ekstra inligting voor en tydens jou vakansie.

So wat gebeur as jou studentekaart wegraak of gesteel word? Kontak dadelik jou kampus se Beskermingsdienste om die kaart te deaktiveer. Volgende op jou lys is ’n besoek aan Sekuriteitsdienste se studentekaartafdeling waar ’n nuwe kaart vir jou gemaak sal word. Maar onthou, jou nuwe kaart kom teen ’n prys – met R80 op die spel, is dit beter om daardie kaart soos goud op te pas nadat jy dit tydens registrasie ontvang het.

Leave a Reply